Quantcast
Channel: La Rochelle
Viewing all articles
Browse latest Browse all 10

Die groen markdag– ‘n reuse sukses

$
0
0

Die groen markdag– ‘n reuse sukses

Iris Saunders

Die groen markdag is ‘n jaarlikse geleentheid wat Larries in staat stel om omgewingsvriendelike produkte aan hul maats te verkoop. Die markdag word deur die groenkomitee gereël. Die oogmerk van die markdag is om omgewingsvriendelike produkte te versprei en om entrepeneurskap onder die leerders aan te moedig.

By 2022 se groenmarkdag was daar verskeie interessante omgewingsvriendelike produkte. Alix Hammond het sakke vir yoga-matte verkoop. ‘n Dame in Langebaan maak die sakke in haar vrye tyd en haar dogter kleur die sakke in deur gebruik te maak van ‘n “tie-dye” patroon. Alix het ook veganistiese fudge verkoop. Mari Le Roux het seep en badsout gesmous, wat haar tannie in haar motorhuis van klapperolie gemaak het, asook kolwyntjies.

Liza Jakobs het vars blomme verkoop, wat sy op hul plaas tussen Villiersdorp en Worcester gepluk het. Amelie Ferreira het haar plantversameling met ons kom deel deur steggies van die versameling te koop aan te bied. Die meerderheid van haar plante was in LECA (“Lightweight expanded clay aggregate”), ‘n omgewingsvriendelike alternatief vir grond, geplant. Aangesien die potgrond wat by kwekerye beskikbaar is nie van volhoubare bronne kom nie.

Erin Van Der Berg het slym gesmous wat sy met boraks en gom gemaak het. Tinnette Louw het boekmerke en selfgemaakte plakkers, met haar eie kunswerke daarop, verkoop.

Die markdag is ook uitgebrei deur ‘n nuwe toevoeging– die groenbank. Leerders kon geld leen by die bank en het vyf dae gehad om die geld terug te betaal voordat daar rente daarop gehef is. Hierdie inisiatief het verdere ondersteuning vir die eienaars van die stalletjies gebied omdat soveel leerders op groenmarkdae kontant vergeet. Die groenbank het nie ontstaan om ‘n wins te maak nie, maar eerder om die sukses van die dag te verseker.

Die markdag was ‘n reuse sukses. Entrepeneurs kan hul winste hou. Die geld wat ingesamel is deur die huur van tafels is aan die Botanical Society of South Africa geskenk. Die organisasie beskerm en bewaar inheemse plante in Suid-Afrika.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 10

Trending Articles